About Us
What We Do
Profile Page
PROGRAMME 2009
Banking Details
Photo Gallery
Our Sponsors
Contact Details
ABOUT BAREFOOT MINISTRIES
ABOUT BAREFOOT MINISTRIES / WAT DOEN KAALVOET BEDIENING
In Genesis as God met Moses praat by die brandende Braambos dan beveel God hom om sy skoene uit te trek want hy staan op heilige grond. Om met God se toppunt van Sy skepping te werk en spesifiek met kinders, jongmense en gesinne is ook om heilige grond te beweeg.Gemeentes is so besig met ander bediening selfs Sendingwerk maar ons Jongmense en Kinderbediening word afgeskeep of nagelaat en dis jammer want sonder hulle is daar nie n kerk in die toekoms nie. Om in hulle te "INVEST" kan nie in rand & sent bepaaL word nie!! 
Attie & Bettie,Zelmi,Sian,Irenee,Handre en Dreyer Rall
Kaalvoet bediening is in Mei 2002 gestig deur my. Voordat ek by Kovsies gaan studeer het in Teologie was ek vir n klomp jaar betrokke in Jeugwerk in die Vrystaat en was ook vir drie jaar voorsitter van die Vrystaatse Jeugspan wat in die Vrystaat gemeentes besoek en programme aangebied het. Ek is tans besig met Honneursstudies in Pastorale werk.

Ek het na my studies vir drie jaar by  George Suid NG Kerk die Jeugbediening hanteer en daarna vir drie jaar die vier NG Gemeentes van Kuilsrivier se Jeugbediening bestuur. Ek was ook drie jaar op kontrakbasis betrokke by die Gemeente met die Oop Deure(Heidekoppie) in Brackenfell.

Kaalvoet Bediening werk op uitnodiging van kerke en gemeentes en skole. Ek bied o.a. Gebedsweek,Jeugweek, Jeugnaweke,Pinksterdienste;Jeugdienste;Gesinsdienste; Kampe aan. Ek tree ook  op as Geleentheidspreker en veral oor Ouer/Kind verhouding (vir ouers/tienersSeksualiteit en as huweliksbevestiger. Ons het ook n band wat die Praise & Worship gedeelte van die diens kan lei.  

AS JY IEMAND SOEK WAT DIE TAAL VAN KINDERS EN JONGMENSE KAN PRAAT- MET MEER AS 20 JAAR SE ERVARING SAL EK JOU NIE TELEUR STEL NIE!!!

Ons verkoop meer as 20 verskillende geestelike TSHIRTs teen R90 per hemp en ons het ook jaarliks n stalletjie by die  KKNK en die Christusfees. Vir Geestelike Tshirts kontak Peet by 082 628 6959.

Ek bied ook saam met 'n span jongmense n Stranddiensaksie by die Stywe Lyne strandoord te Velddrif aan die Weskus.

Kontak my enige tyd as jy meer inling verlang oor die kampe of as jy wil betrokke raak by die Bediening of as jy ons Finansieel wil ondersteun!!

Attie is getroud met Bettie Rall(Dreyer) en hulle het vyf kinders naamlik Handre ( 16), Dreyer (14), Irenee (12) , Sian (10) en Izel-Marie (9). Bettie is n Kliniese Sielkundige en het praktyke in Goodwood en Cape Gate. Attie word deurgaans ondersteun deur  Peet Dreyer, Petrus & Amanda Swart( Kaalvoet Direksie, Charlton Loff (Kaalvoet Direksie) en Danie & Sharon Smit asook n span jongmense wat optree as span en groep leiers op die kampe.

KAALVOET BEDIENING SE DROME:

 

Om 'n Jeugkamp terrein aan te koop, te vestig en te gebruik in die Bediening & elke naweek kampe aan te bied. Verder om n Jeugsentrum op te rig vir jongmense en kinders veral ook diegene wat uit n gebroke gesinne kom. Derdens om n klere reeks  te vestig wat jongmense kan dra en so  kan wys dat GOD koning is van hulle lewens.

WIL JY NIE HIERDIE BELANGRIKE BEDIENING FINANSIEEL ONDERSTEUN NIE!!!!!!

VIR NOG HEELWAT INLIGTING EN BAIE FOTOS BESOEK ATTIE RALL OF KAALVOET BEDIENING SE FACEBOOK BLAAIE!!

 

Petrus Swart Charlton Loff
Radio Helderberg


Ralltjies
Peeta